Voorkoming:

  • Ent alle teeltewe jaarliks verkieslik nie tydens dragtigheid.
  • Enting van tewe tydens dragtiheid word nie aanbeveel nie. Daar is ‘n geringe risiko vir die foetusse. Dit word slegs gedoen as die risiko van katgriep baie hoog is en entings nie op datum is nie. Tydens dragtigheid is die teef se liggaam se fokus nie op immuunreaksies op entings nie maar wel op die dragtiheid m.a.w. die reaksie op die entstof is nie ideaal nie. As entings te naby aan kraam gegee word, het die teef se liggaam nie genoeg tyd om immuniteit op te bou alvorens die kleintjies gebore word nie.
  • Let wel dat die immuniteitswaarde van die ma se bies net vir ‘n paar dae deur die kleintjies opgeneem word. Daarna is die derm nie meer ontvanklik vir die opname van die immunoglobuliene nie. Die voedingswaarde van die bies en melk bly behoue maar het na die eerste paar dae niks met die immuniteitswaarde meer  te doen nie.  Die maak dus nie saak hoe lank die kleintjies melk of bies drink nie maar dit is uiters belangrik dat hulle bies inkry so kort na geboorte as moontlik om immuniteit oor te dra.
  • Die reun se immuniteit het geen effek op sy nageslag nie.
  • Tussen 4 en 6 weke ouderdom neem die oorgedraede immuniteit van die ma geleidelik af en neem die vermoe van die kleintjies om hulle eie immuniteit op te bou geleidelik toe. Dis hoekom kleintjies op 6 weke geent word. Daar is oorvleuling van die twee prosesse; nie alle hondjies ontwikkel volle immuniteit  van een inspuiting nie. Hoe later na 6 weke die kleintjies hulle eerste enting ontvang hoe groter word die oop venster waar die kleintjies geen immuniteit het nie d.w.s. wanneer hulle die ma se immuniteit verloor het en nog geen eie immuniteit kon opbou nie.
  • Die is noodsaaklik om skraagdossisse te gee tussen 3 en 4 vier weke na die eerste enting om die immuniteit te verbeter.
  • Daar is ook ‘n katgrip entstof beskikbaar wat reeds addisioneel op 4 weke gegee kan word waar hoe risiko areas is.
  • Eerste entings later as 6 weke open jou venster vir vatbaarheid.
  • Enige entstof vat ‘n tyd om te werk d.w.s. honde wat vandag geent is, is nie more al immuun nie. Katgriep se inkubasieperiode is 7-10dae. As hondjies vandag geent word maar reeds blootgestel is of binne ‘n dag of drie by die nuwe eienaar blootgestel word, gaan hulle waasrskynlik siek word omdat die entstof nog nie “ingeskop” het nie.
  • Dit is raadsaam om kleintjies eers 14dae na enting eers te verkoop. Hoe risiko eienaars behoort te wag vir 2 weke na die tweede enting voor hulle nuwe hondjies in ontvangs neem.

Higiene:

  • Parvo virus is uiters weerstandig teen hitte, koue, droogte en meeste chemikalie.
  • As ‘n erf eenkeer blootgestel is aan katgriep moet die erf as permanent besmet beskou word.
  • Die virus word erg uitgeskei in besmette diere en bly op die grond, in die gras, in die komberse, in water- en kosbakke, op hande, onder voete/skoene, op klere tensy alles effektief ontsmet word.
  • Kloor en aldehied basis chemikalie werk goed. Die oplossings moet reg aangemaak word (gewoonlik sterker as mense verwag) en moet lank in aanraaking met oppervlaktes wees om effektief te wees bv F10 vir 30 minute.
  • Hou aparte stelle komberse, skoene, voorskote, handskoene en skoonmaak toerusting aan vir verskillende groepe diere.
  • Probeer om katgriep pasiente in ‘n aparte isolasie hospitaal hok te hou en beperk skoonmaakpersoneel tot 1 of 2 betroubare mense.
  • Voetbaddens by voordeure en voor isolasiehokke is ‘n oorweging.
  • Moenie net enigiemand by kleinhondjies toelaat nie.
  • Skoonmaakwater van vloere en wasgoed moet direk in rioolstelsel kom om besmetting van die omgewing te vermy.
  • Gooi vuil koerante ens ver weg; moenie hulle naby die huis bere nie of daar waar honde vullissakke kan oopskeur nie.
  • Afloopwater of “kuiervoete” van besmette buurerwe kan jou erf besmet. Soliede mure is beter as heinings.